Die rol van die beoordelaar is om alle inligting te oorweeg wat deur die partye verskaf is en op grond daarvan aanbevelings te maak ten einde die moontlikheid van n skikking tussen die partye te ondersoek. 26 Santeramo27 stel voor dat vroe neutrale evaluasie verpligtend behoort te wees, dat onpartydige beoordelaars uit n lys van geakkrediteerde beoordelaars gekies moet word, wat beoordelaars uit die privaatsektor insluit, en dat die program befonds moet word uit a generic surcharge on court filing fees sodat die koste tussen al die litigante verdeel kan word. Daar is al bevind dat vroe neutrale evaluasie suksesvol toegepas is tydens toesigverrigtinge in die VSA die term sorg word in Suid Afrika gebruik. 28Met probleemoplossende skikkingsprosedures daarenteen word nie gepoog om voorspellings te maak oor die eindresultaat van n verhoor nie. Tydens voorspellende skikkingsprosedures the only real reference point is what is legally potential that is, an outcome that University events might rather have expected examination achieve at trial. 29 Probleemoplossende skikkingsprosedures poog eerder om op n regverdige en billike wyse in die behoeftes van die partye te voorsien.